Tuesday, January 23, 2024

Die "natuurlike liggaam" en die "geestelike liggaam" (9 - 12 jariges)(Les 2)

Hierdie is deel vd reeks oor "die mens" (die mensdom)(bedoel vir 9-12 jariges). 

In hierdie groep lesse word gekyk na soorte liggame:

- (LES 1) Verskillende wesens het verskillende soorte liggame.

- (LES 2) Die verskil tussen die natuurlike liggaam en die geestelike liggaam (mense).

- (LES 3) Die verskil tussen die natuurlike mens en die geestelike mens.    

------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------LES 2:

VIR DIE ONDERWYSER: Hierdie les is soos 'n inleiding vir die saligheidsboodskap en die komende opstanding. Let wel dat daar veral stilgestaan word by die term "DIE LIGGAAM" of "die uiterlike vd mens" (nie die innerlike nie). Hierdie les sluit aan by die vorige les wat gaan oor "verskillende soorte liggame" - in hierdie les word verduidelik dat, alhoewel alle mense met "natuurlike liggame" gebore word (en hulle uiteinde dus die dood is), sal gereddes eendag "geestelike liggame" kry - 'n geestelike liggaam is 'n ander soort liggaam wat nie kan doodgaan nie (let daarop dat die begrip "geestelike liggaam" ook nie verwys na die innerlike of die gees vd mens nie, maar verwys na 'n ander soort uiterlike/liggaam as die een wat ons nou het... - hierdie konteks is belangrik in orde om hierdie tema goed te kan verduidelik). As u meer skrifte soek, rol gerus af tot heel onder vir ekstra skrifte (getiteld "opsomming vir die onderwyser").   DIE TWEEDE DEEL VD LES IS ter wille van konteks LANGDRADIG UITGESKRYF EN SAL MOONTLIK DEUR DIE ONDERWYSER VERKORT MOET WORD VIR LESAANBIEDING... 

EERSTE DEEL VD LES:

VRAAG: Wat dink julle is die grootste probleem hoekom saad somtyds sukkel om groei, of plante doodgaan nadat hulle gegroei het? 

(die onderwyser kan moontlik iemand met kennis oor plante uitnooi om by die klas in te sit...) 

ANTWOORD:  Daar is heelwat faktore wat 'n rol kan speel, maar die grootste probleem is DIE GROND. .. (Vir die onderwyser:  hierdie les gaan voort met die onderwerp van "grond", wat op beurt met "die liggaam" vgl. word, - sien vorige les...). Plante gaan dood in onvrugbare grond. 

Soos in die vorige les gesien kan die liggaam voorgestel word soos grond

In hierdie les gaan ons die NATUURLIKE LIGGAAM (vd mens) voorstel met "onvrugbare grond". Wat gebeur as jou grond/liggaam soos onvrugbare grond is? Wel, dieselfde gaan gebeur soos wat in die natuur gebeur - die mens groei en dra vrug..., maar gaan dan dood a.g.v. die grond. Die woorde wat die Bybel veral hiervoor gebruik is dat die mens /die natuurlike mens ("kinders van Adam") "dra vrugte vir die dood" (Rom. 7:5))(dit beteken alle mense gaan dood).  Alle mense word in sonde gebore (gebore uit Adam se saad), en het dus NATUURLIKE LIGGAME (liggame wat doodgaan).  M.a.w., net soos onvrugbare grond veroorsaak dat plante doodgaan, net so is die natuurlike liggaam waarin ons gebore is, soos onvrugbare grond en daarom gaan alle mense dood.   


TWEEDE DEEL VD LES: (in hierdie deel vd les kyk ons na hoekom kinders van Adam met natuurlike liggame gebore word?)

LEES Gen. 2:16,17  (van Adam en Eva in die tuin van Eden...).

VRAAG:  Wat het God gesê sal met Adam en Eva gebeur as hulle vd boom van kennis van goed en kwaad eet?

 ANTWOORD:  Hulle sal sterwe / doodgaan. Dit is die rede waarom alle mense sterwe. Toe Adam die sonde kies het hy 'n SLAAF geword van sonde... (Bespreek gerus in die groep wat dit beteken om 'n slaaf te wees?). 'n Slaaf het 'n meester vir wie hy dien en gehoorsaam. As ons nou beweer dat Adam 'n slaaf was van sonde, dan beteken dit dat "sonde" sy meester was.  Adam het gekies om die sonde te begin DIEN... (Rom. 6:6) - m.a.w., omdat hy gekies het om ongehoorsaam te wees aan die Here en die sonde gehoorsaam, het hy die sonde begin dien (so het hy 'n slaaf geword van sonde). 

Wat dink jy het met Adam se kinders gebeur?  - wat gebeur met slawe se kinders, is hulle vry?, of is hulle ook slawe? Antw.:  Slawe se kinders is gewoonlik ook as slawe gebore! Hulle word AS SLAWE GEBORE EN DIEN DIESELFDE MEESTER...  M.a.w., almal wat uit Adam gebore is is ook as slawe (van sonde) gebore... Adam was 'n slaaf, so jy is ook 'n slaaf gebore;  m.a.w., alle kinders van Adam dien/is gehoorsaam aan die sonde - is 'n slaaf van sonde.  En die feit dat ons almal sondig is 'n bewys hiervan!  Is daar enige mens wat jy ken wat nog nooit gesondig het nie? (behalwe Jesus Christus). Nee, almal sondig;  dus, almal is slawe van sonde want hulle is kinders van Adam... - en a.g.v. hierdie slaafskap gaan almal dood... (1 Kor. 15:22; Gen. 2:17; Rom. 5:12). 

Die Skrif het spesifieke woorde wat hiervoor gebruik word, nl. dat "mense in sonde gebore word" (hulle is gebore uit Adam se saad) - omdat ons kinders van slawe is is ons self ook slawe (in hierdie geval "slawe van sonde"). Kinders van slawe dien dieselfde meester as wat hulle ouers gedien het.  Maar God het vir Adam (en Eva) gewaarsku, het Hy nie?... Wat het Hy vir hulle gese sal gebeur as hulle die sonde kies? (wat het ons bo gelees?) - hulle sal doodgaan. Wanneer iemand die sonde dien het dit vreeslike gevolge, en dit is dat so iemand DOODGAAN. Wat het met Adam en Eva gebeur?  -hulle het doodgegaan. Wat gebeur met al die kinders wat uit Adam se saad gebore is? -hulle is almal as slawe van sonde gebore, so hulle uiteinde is ook DIE DOOD...  Die hele mensdom is uit Adam se saad gebore; en is dus as slawe gebore, en as jy 'n slaaf is van sonde dan is jou uiteinde DIE DOOD (almal in sonde gebore is "kinders vd toorn"-Ef. 2:3)(Rom. 5:12-21)"Die dood" verwys nie net na wanneer die liggaam sterwe nie, maar veral na die tweede dood, wanneer beide die liggaam en siel in die hel gewerp word). In hierdie les gaan ons nie kyk na die "tweede dood" nie (dit sal op 'n ander les behandel word), maar net stilstaan by die feit dat DIE LIGGAAM (die natuurlike liggaam) doodgaan. Wanneer iemand doodgaan is dit sy liggaam/uiterlike mens wat sterwe en begrawe word, nie sy siel/innerlike mens nie.  M.a.w., as jou ouers se liggame onder SLAAFSKAP was toe jy gebore is, is jou liggaam ook 'n SLAAF, en as jy dus as 'n "slaaf van sonde" gebore is ("in sonde gebore"- Ps. 51:5; Job 15:14; Rom. 6:20; Joh. 8:34 / is "verkoop" onder sonde-Rom. 7:14) dan beteken dit dat jou meester die sonde is... (as dit nie so was nie, dan sou jy nooit gesondig het nie).  Ons is in slawerny gebore en sal daarom sterwe (1 Kor. 15:22; Ps. 39:4; Rom. 8:21). DIE MENS HET DUS REDDING NODIG VAN HIERDIE SLAAFSKAP (onder sonde). 

Maar hoe kan ons vrykom daarvan?  Weet julle hoe slawe kon vrykom? (daar kan in die klas eers bietjie hieroor gesels word - beeldmateriaal kan miskien gebruik word om te wys hoe dit gebeur)

Die maniere hoe 'n slaaf kon loskom van slaafskap, is: 

- (1) deur homself vry te koop (bv. werke /geld), of 

- (2) jy moet deur 'n ander meester gekoop/losgekoop word. 

Daar is niks wat die mens kan doen waardeur hyself sy vryheid kan bewerk nie - geen werke of geld kan vir jou hierdie vryheid koop nie (Ef. 2:8,9; Rom. 3:28; 4:2; 11:6; 1 Kor. 1:29-31; Tit. 3:3-5; ens.). Al doen jy goeie werke jou hele lewe lank, dit sal jou nie kan vrykoop nie.  Die enigste manier vir die mens om vry te kom van slaafskap onder sonde, is deur "VRYgekoop" te word deur 'n ander meester (Joh. 8:36)(en is dan vry van die vorige meester, maar behoort dan natuurlik aan die een wat jou gekoop het)(1 Kor. 7:22; 1 Pet. 2:16) - en dis nie enige meester wat hierdie prys kan betaal nie (God besluit hoe hierdie redding verkry word, en Sy oplossing is deur Sy Seun;  mense kan nie besluit hoe dit verkry word nie). Jesus Christus is die enigste Een wat instaat is om ons vry te koop, want die een wat ons kan vrykom sal moet ten minste iemand wees wat die dood kan oorwin! 

Kortom, almal wat glo in Jesus Chrisus word deur Hom vrygekoop van hulle slaafskap onder sonde - hulle behoort nou aan Hom en het die belofte van ewige LEWE (dit is waarom gelowiges nuwe liggame belowe word, wat sal plaasvind in die volgende opstanding). Dit beteken dat al gaan hulle dood sal Hy hulle eendag opwek uit die dood en nuwe liggame gee wat vir ewig lewe (daar word gewoonlik in die Skrif hierna verwys as "die opstanding", en almal wat in Jesus Chritus sterf gaan op 'n spesifieke tyd opstaan... - daar is 'n dag hiervoor bepaal, nl. wanneer Jesus Christus terugkom). As iemand vrygekoop is deur Jesus Christus dan dien hy nie meer die sonde nie, maar dien nou vir Jesus Christus.  Maar l.w. dat die natuurlike liggaam waarmee ons gebore is nie onmiddellik vernuwe word (wanneer ons vrygekoop word) nie - weergeborenes gaan steeds dood (omdat hulle nog hierdie liggame het), maar het alreeds die belofte van nuwe liggame! Net soos die dood (en slaafskap onder sonde) deur een mens (nl. Adam) gekom het, net so sal "lewe" (opstanding vd dode) deur een Mens kom... (nl. Jesus Christus).(1Kor. 15:21-23). Die dood kan gesien word soos 'n vyand... (dit is die mens se vyand), en sal vernietig word wanneer iemand opstaan uit die dood - dit kom deur een Mens, nl. Jesus Christus... (1Kor. 15:26).

Die wat in Jesus Christus glo sal eendag NUWE LIGGAME kry - hulle sal uit die dood opgewek word en 'n ander soort liggaam gegee word - 'n liggaam wat VIR EWIG kan LEWE .  Dit sal 'n ander soort liggaam wees as die natuurlike liggaam wat ons nou het, en word 'n GEESTELIKE of ONVERGANKLIKE LIGGAAM genoem.  DAAR KAN IN DIE GROEP GEKYK WORD NA HIERDIE "GEESTELIKE LIGGAAM" WAT VIR WEERGEBORENES BELOWE WORD, EN HOE DIT VERSKIL VD NATUURLIKE LIGGAAM  (vir die onderwyser vir 'n studie hieroor, gaan na: https://warechristene.blogspot.com/2017/11/verheerliktegeestelikeonverganklike.html). 

------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Onderstaande is nie deel vd les nie, maar bedoel om 'n opsomming te gee vd geheel (miskien vir meer woorde om iets beter te kan verduidelik), asook meer skrifte word hier gegee.

'n Ekstra OPSOMMING VIR DIE ONDERWYSER (ekstra skrifte):  

Adam se liggaam (na die sondeval) kan vgl. word met grond waarin plante sukkel om te groei, en as dit gegroei het gaan dit dood.  Die mens se liggaam (die "natuurlike liggaam" wat uit Adam se saad gebore is) kan vgl. word met 'n boom wat vrugte dra, maar omdat sy grond nie vrugbaar is nie, dra hy vrugte vir die dood... (alle mense gaan dood).  Die begrip "dood" verwys nie net na wanneer die liggaam doodgaan (en verderf in die graf) nie, maar verwys ook na die "tweede dood" (Openb. 20:6,14; 21:8), nl. die "oordeel vd hel" wanneer beide die liggaam en siel verderwe word in die hel (Matt. 10:28)  -  in hierdie les word daar net gekyk na wanneer die uiterlike mens / die liggaam doodgaan;  daar word nie regtig na die tweede dood in hierdie les gekyk nie.

Wat beteken dit dat die mens 'n "natuurlike liggaam" het?  Mense met natuurlike liggame gaan dood...  - dit gaan oor die soort liggaam en uit wie se saad iemand gebore is. Natuurlike mense (maw, kinders van Adam) het natuurlike liggame, en daarom gaan hulle dood...  'n Natuurlike liggaam kan vgl. word met onvrugbare grond - as jy iets daarin plant, sal dit doodgaan;  MAAR mense wat weergebore word (genoem "geestelike mense") dra vrugte tot lewe! (Rom. 7:4) - hulle is soos mense wat oor gebore is (alhoewel hulle nog natuurlike liggame het, word hulle nie meer gesien soos mense wat uit Adam se saad gebore is nie, maar asof gebore uit God (alhoewel nie fisies uit Hom gebore nie, maar geestelik). Hulle word geestelike mense genoem, maar kry eers later geestelike liggame. Dus, alhoewel hulle nog natuurlike liggame het het hulle die Heilige Gees in hulle liggame wat hulle instaat stel om vrug tot (ewige) lewe te dra - hulle liggame word nie onmiddellik vernuwe met weergeboorte nie, maar hierdie "vrug tot lewe" (wat hulle deur die Gees dra) verdien vir hulle die ewige lewe... verdien vir hulle liggame wat vir ewig kan lewe - hulle sal m.a.w. eendag geestelike liggame "oes"... (1 Kor. 15:44)(Mark. 4:29; Matt. 13:30; ens.). Die mens bestaan uit 'n UITERLIKE en 'n INNERLIKE (2 Kor. 4:16; 5:12; Rom. 7:22; Ef. 3:16; 1 Pet. 3:3,4; 1 Sam. 16:17) - (1) 'n uiterlike mens (word somtyds bloot na verwys as "die liggaam") en (2) 'n innerlike mens (word na verwys as "die siel" / en word somtyds na verwys as "die gees vd mens"). Wanneer iemand "weer gebore" word (deur Jesus Christus - sy sonde vergewe word en hy die Heilige Gees ontvang), dan is dit sy innerlike mens wat alreeds vernuwe word (nie sy uiterlike nie - sy uiterlike word eers vernuwe in die opstanding).  Die natuurlike liggaam waarin hy gebore is (die UITERLIKE) is dus nog nie vernuwe nie, al is sy innerlike al vernuwe;  en daarom sal sy natuurlike liggaam steeds doodgaan... (maar weergeborenes se liggame sal ook eendag vernuwe word!).  Weergeborene of "geestelike mense" (die wie se sondes afgewas is en die Heilige Gees het) het hierdie belofte dat hulle eendag GEESTELIKE LIGGAME sal kry, liggame wat nie doodgaan nie. Dit sal gebeur in die opstanding wanneer Jesus terugkom - hulle sal dan opgewek word uit die dood en nuwe liggame gegee word. 

Geestelike mense het 'n "goddelike natuur" verkry (1 Pet. 1:4);  m.a.w., in plaas van om die wereld te begeer, begeer geestelike mense eerder die wil vd Here. Hierdie wys "wie dit is vir wie hulle nou dien - hulle dien nie meer die sonde nie (die sonde is nie meer hulle meester nie), maar dien nou vir Jesus Christus (hy is hulle Meester - hulle behoort nou aan Hom, is deur Hom gekoop, en is terloops soos Sy kinders asof uit God gebore - is as vryes gebore!). Dit wys o.a. daarop dat hulle innerlike alreeds vernuwe is (het 'n "nuwe hart" - hulle "sien" en dink anders...)(bestudeer veral die tema "besnydenis van hart en ore" om hierdie beter te verstaan). 

Die wat deur Jesus vrygekoop is is "slawe van Christus" - hulle liggame en gees behoort aan die Here, want hulle is duur gekoop... (1 Kor. 6:19,20; 7:22).  

M.a.w., alhoewel alle mense op die oomblik 

- NATUURLIKE LIGGAME het, 

het die wat deur Jesus vrygekoop word die belofte dat hulle eendag

GEESTELIKE LIGGAME sal kry . 

MAAR ALHOEWEL HULLE STEEDS NATUURLIKE LIGGAME HET, STEL HULLE ALREEDS HULLE LIGGAME IN DIENS VD HERE - hulle liggame is soos slawe van Christus... - hulle dien Hom deur hulle liggame (1 Kor. 7:22; 6:19,20; 2 Pet. 2:19). In daardie opsig is hulle alreeds vry van hulle slaafskap onder sonde, maar het nog nie nuwe liggame nie... (maar omdat hulle die Here met hulle liggame dien is hulle besig om vrug vir die ewige lewe te verdien, en sal nuwe liggame oes wanneer Jesus terugkom). 

NATUURLIKE MENSE:  -hierdie is 'n begrip wat nie net van die uiterlike mens (nl. die natuurlike liggaam) gebruik word nie, maar word ook somtyds in 'n ander konteks gebruik om die innerlike te beskryf (bv., die natuurlike mens het nie die Gees van God nie en is vleeslik). Dit is indirek 'n verwysing na die wat in sonde gebore word, nl. kinders van Adam. Wat die innerlike mens bv. aanbetref verwys die begrip "natuurlike mens" veral na iemand se "natuur" (nie dit wat natuurlik is nie!) - bv., "natuurlike mense" is sinnelik of vleeslik, en dink vleeslik... - in hierdie les staan ons nie stil by hierdie innerlike aspek  nie, maar kyk slegs na die uiterlike, nl. die "natuurlike liggaam" (Jud. 1:10; 1 Kor. 2:14; Rom. 8:5). Die begrip "natuurlike mens" sal in die volgende les behandel word, waarin veral gekyk gaan word na die verskil tussen die natuurlike mens en die geestelike mens. 

Natuurlike mense het NATUURLIKE LIGGAME (dit is die liggame waarin ons almal gebore is)(die begrip "natuurlike liggaame" verwys na die met 'n "sondige natuur" - is in sonde gebore, en is daarom verganklik)(1 Kor. 15:44; Ps. 51:7). Natuurlike mense DRA VRUGTE VIR DIE DOOD (omdat hulle kinders van Adam is word hulle in sonde gebore, en gaan dus dood)(Gen. 2:16,17).

GEESTELIKE LIGGAAM:  -dit is die liggaam waarin weergeborenes of geestelike mense eendag opgewek gaan word (1 Kor. 15:44).  Die liggaam waarin die geredde eendag opgewek word is anders as die huidige natuurlike liggaam, en word o.a. 'n "geestelike" (of "verheerlikte" of "onverganklike") liggaam genoem. GEESTELIKE LIGGAME IS ANDERS AS NATUURLIKE LIGGAME - geestelike liggame gaan bv. nie dood nie, maar natuurlike liggame gaan dood.   

Vrykoping gebeur op 'n spesifieke manier, en Jesus Christus is die Meester wat ons kan vrykoop. Op geen ander manier kan ons vrykom nie. Hy is die enigste manier wat deur God die Vader aanvaar word (Hand. 4:12). Wie sou instaat wees om ons vry te koop? Natuurlik die een wat die dood oorwin! Daar was net een mens in die geskiedenis wat dit kon doen, nl. Jesus Christus - wie eintlik Here is maar mens geword het terwille van ons (1 Kor. 15:12-29). God het Sy Seun gestuur om ons te kom red... Deur Sy opstanding het Jesus Christus die dood oorwin. Hy het opgestaan uit die dood, en so mag gekry oor die dood (maar ons gaan nie hier baie gesels oor die hele saligheidsboodskap nie - hierdie is slegs 'n kort opsomming om te verstaan deels hoekom die mens redding nodig het en hoe dit verkry word). Jesus het die dood oorwin en het dus die mag om ons los te koop vd dood... Hy het terloops self geen sonde gehad nie en het beslis nie die dood verdien nie, maar is doodgemaak (en Hy het dit toegelaat sodat Hy deur die dood hom, nl. die duiwel, tot niet kon maak wat mag gehad het oor die dood)(Heb 2:14) - "Aangesien die kinders dan vlees en bloed deelagtig is, het Hy dit ook op dieselfde manier deelagtig geword, sodat Hy deur die dood hom tot niet kon maak wat mag oor die dood het—dit is die duiwel—").

Die wat in Jesus Christus glo en wederbaar word is mense wat vrygekoop word van hulle slaafskap. Dit beteken hulle dien nie meer die sonde nie, maar dien nou vir Christus... (Rom. 5:22,23)(hulle is slawe van Hom - 1 Kor. 7:22; 1 Pet. 2:16; Rom. 7:3-6; Gal. 4:1, 7-10).  En alhoewel hulle kinders van Adam is en natuurlike liggame het en dus steeds doodgaan (want hulle liggame is nog nie vernuwe nie), word die wat deur Jesus vrygekoop is alreeds gesien soos kinders van God... (hulle word nie meer gesien as kinders van Adam, nl. "natuurlike mense" nie, maar gesien as die Here se kinders - hulle is nou "geestelike mense");  soos mense wat oor gebore is! (in die Skrif word daarna verwys as "weer gebore").  Weergebore, maar hierdie keer nie uit Adam se saad nie maar uit God gebore! Weergebore mense word gesien soos mense wat "uit God gebore is", uit Sy saad... - al is hulle nie fisies uit Hom gebore nie (1 Joh. 5:1; 4:7; 5:4; Gal. 4:1-7). 

Wanneer iemand weergebore word kry hy nie onmiddellik 'n nuwe liggaam nie, maar hy het die belofte dat hy dit eendag sal kry (Luk. 20:35,36; Joh. 5:29; Matt. 22:28-30; Luk. 14:14), meer presies sal dit 'n liggaam wees wat nie doodgaan nie. Weergeborenes het bv. nog nie nuwe liggame ontvang nie, alhoewel hulle siele vernuwe is (en het die belofte dat hulle liggame ook eendag vernuwe sal word). Hulle huidige "natuurlike liggame" is dus nog nie vernuwe nie (daarom gaan geestelike mense steeds dood), maar hulle sal eendag deur Jesus (wanneer Hy terugkom) opgewek word uit die dood, en net soos hulle innerlike vernuwe is sal hulle uiterlike dan ook vernuwe word - hulle sal nuwe LIGGAME kry WAT NIE KAN DOODGAAN NIE.  Hierdie liggame word geestelike of onverganklike liggame genoem - en die wat hierdie liggame gaan ontvang, sal vir ewig kan lewe... (Rom. 6:22,23; 5:21; Joh. 10:28; Gal. 6:8; ens.).

------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Sunday, January 14, 2024

Verskillende soorte liggame (9 - 12 jariges)(Les 1)

Hierdie is deel vd reeks oor "die mens" (die mensdom)(bedoel vir 9-12 jariges). 

In hierdie groep lesse word gekyk na soorte liggame:

- (LES 1) Verskillende wesens het verskillende soorte liggame.

- (LES 2) Die verskil tussen die natuurlike liggaam en die geestelike liggaam (mense).

- (LES 3) Die verskil tussen die natuurlike mens en die geestelike mens.  

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

LES 1:

(hierdie les is bedoel vir 9-12 jr., maar kan kombineer word met moeiliker temas vir ouer kinders, bv. "die Here se wingerd", "braak vir julle 'n braakland", ens.). 

VRAAG:  Wanneer die mens doodgaan verander sy liggaam oor tyd na stof/grond...  Hoekom dink julle is dit die geval;  m.a.w., hoekom verander die mens se liggaam spesifiek na "grond" wanneer hy doodgaan?  LEES Gen. 3:19: -("In die sweet van jou aangesig sal jy brood eet totdat jy terugkeer na die aarde, want daaruit is jy geneem. Want stof is jy, en tot stof sal jy terugkeer").      

ANTWOORD:  Want ons is uit stof/grond gemaak. 

Lees Gen. 2:7.

Die mens se liggaam is van grond gemaak, en wanneer iemand die laaste asem uitblaas gaan hy dood en sy liggaam sal met die tyd weer terug verander na grond... (Ps. 90:3; 104:29; Pred. 3:20).  Alle mense word met dieselfde soort liggaam gebore en is dus van dieselfde soort "grond" (is almal kinders van Adam). Jy sal merk dat ons in hierdie les DIE LIGGAAM van die mens (nl. ons vlees) vgl. met GROND.  In sommige skrifte in die Bybel word die mens se liggaam ook soos grond voorgestel... (gelykenis vd saaier; Hebr. 6:8; Matt. 13; Jer. 4:3; Hos. 10:12).  

'n Ander woord wat ook somtyds vir "liggaam" gebruik word is die woord "vlees" - die hele mensdom is van dieselfde SOORT VLEES - is van dieselfde soort "grond". 'n Term wat in die Skrif gebruik word om te beskryf hoe alle mense van dieselfde soort vlees is (nl. kinders van Adam), is die woorde "natuurlike mense" - alle mense word as "natuurlike mense" gebore;  wat beteken hulle is van dieselfde soort "grond"... (is kinders van Adam)(het "natuurlike liggame"). 

Vir die onderwyser: Die volgende paragraaf (in rooi) kan behandel word as daar genoeg tyd is in die klas, anders kan daar na die volgende paragraaf gespring word:

Maar die mens bestaan nie net uit 'n LIGGAAM (grond) nie, 

maar het ook 'n siel (wat soos saad/plant/boom voorgestel kan word),

en het ook 'n gees... (wat soos lig voorgestel kan word).  

Die mens bestaan uit LIGGAAM (grond), SIEL (saad/plant/boom) en GEES (lig)(1 Thess. 5:23). Die siel vd mens kan gesien word soos saad of plant wat in ons grond (in ons liggame) geplant word, wat GROEI soos 'n boom en later VRUG dra (in Matt. 13 word die mens bv. voorgestel soos saad wat in die wereld geplant word). Hierdie saadjie wat binne-in die liggaam geplant word word gewoonlik na verwys as "siel" (bv., in sommige skrifte word daar na die mens verwys as "liggaam en siel"-Matt. 10:28; Ps. 31:10), maar somtyds word daar ook na siel verwys as "gees" - in elke mens se binneste word 'n gees gevorm ("die gees vd mens"), wat groei en vrug dra (en let wel dat dit nie moontlik is sonder asem (gees/lig) nie)!, want net soos 'n plant lig nodig het om te kan lewe, net so het die siel vd mens lig of ASEM nodig om te kan lewe (en wanneer die Here die asem wat Hy gee terugtrek, gaan die mens dood). 

Die mens se liggaam verwys na die VLEIS EN BENE, maar die woord "liggaam" verwys eintlik na baie meer as dit in verskillende kontekste! ;  bv., familie, werke, voedsel, die self, klere, en naaktheid (vir 'n studie vir die onderwyser oor die Hebr. woord vir liggaam en hierdie betekenisse in konteks, gaan na:https://warechristene.blogspot.com/2019/05/die-liggaam.html). Die liggaam is maw ook iets wat kan aandui uit watter familie jy gebore is... (die term wat veral in die Skrif daarvoor gebruik word, is "vlees en been" - dna, ens.);  en kan ook verwys na wat die liggaam nodig het om aan die lewe te bly... nl. kos (en water); of verwys na die feit dat ons naak is en bedekking nodig het..., nl. klere, ens.  

Lees 1 Kor. 15:39-40. 

Daar is baie soorte lewende wesens, nie net mense, diere, voels en visse op aarde nie, maar ook ander wesens bo en onder die aarde - en almal het verskillende soorte liggame... - Wat beteken dit? Ons het gesien dat die woord "liggaam" baie betekenisse het en dit beskryf dus ook die verskil tussen verskillende soorte liggame;  bv., verskillende wesens stel verskillende "families" voor, verskillende wesens eet verskillende voedsels, verskillende wesens het nie dieselfde bedekking nie, ens. 

-Die mens se liggaam is bv. anders as diere se liggame; (as daar tyd is in die klas kan hieroor gesels word); 

-Die mens se liggaam is anders as engele se liggame... (of daar kan miskien eerder hieroor gesels word... - vir 'n studie oor engele, vir die onderwyser, gaan na: https://warechristene.blogspot.com/2018/06/engele.html). 

-En die natuurlike liggaam (waarin ons gebore is) is anders as die geestelike liggaam (wat vir weergeborenes belowe word, wat hulle eendag sal kry in die opstanding)(hierdie is nog 'n vb. wat gebruik kan word om te gesels oor verskillende soorte liggame... In hierdie geval kan daar dan gesels word oor die geestelike liggaam waarin Jesus opgestaan het uit die dood, of die liggaam waarin ons eendag in opgewek gaan word, nl. "verheerlikte liggame". Vir 'n studie oor hierdie soort liggaam, gaan na: https://warechristene.blogspot.com/2017/11/verheerliktegeestelikeonverganklike.html)(vir die onderwyser:  -let wel dat die verskil tussen die natuurlike liggaam en die geestelike liggaam ook behandel word in LES 2 van hierdie reeks lesse). 

- Nog 'n voorbeeld van ander soort wesens is die 4 lewende wesens bo in die hemel ( ...of hierdie vb. kan miskien gebruik word - die skrif kan voorgelees word in die klas - hierdie wesens is baie interessant!, rondom en in die middel van God se troon is daar 4 lewende wesens vol oë van voor en van agter, elkeen het 6 vlerke, en rondom en binne vol oë) (die 1ste lewende wese lyk soos 'n leeu, die 2de soos 'n kalf, die 3de het 'n gesig soos 'n mens, en die 4de is soos 'n arend wat vlieg... )(Openb. 4:6-8).

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Studies vir die onderwyser:

https://warechristene.blogspot.com/2019/05/die-liggaam.html

https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2021/12/algemene-vrae-oor-saligheid-lewe-of-dood.html

https://warechristene.blogspot.com/2018/06/dorings-en-distels-braak-vir-julle-n.html

https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2017/07/die-here-se-wingerd.html

Tuesday, July 4, 2023

Jy is 'n skepsel - ekstra inligting/lesaanbieding idees

Vir die eerste deel oor hierdie les, gaan na: https://sondagskooltuis.blogspot.com/2023/06/jy-is-n-skepsel-boekie-wat-is-ekvir-3-6.html

Vir die ander lesse in hierdie boekie ("wat is ek?"-3-6jariges), gaan na:

https://sondagskooltuis.blogspot.com/p/wat-is-ek.html

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------


----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------


Monday, July 3, 2023

Jy het bloed (deel vd boekie "Wat is ek?")(vir 3 - 6 jariges)

 Hierdie is deel van die boekie "WAT IS EK?" (vir 3 - 6 jariges).


Vir die ander dele in hierdie boekie, gaan na:

(jy is 'n lewende wese)(jy is grond)(jy is 'n lewende siel)(jy is 'n skepsel)

https://sondagskooltuis.blogspot.com/p/wat-is-ek.html

-------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Bybelstudie onderwerpe:
(vir die onderwyser)






Saturday, June 24, 2023

Jy is 'n Skepsel (boekie "wat is ek?")(vir 3 - 6 jariges)

Hierdie is deel van die boekie "WAT IS EK?" (vir 3 - 6 jariges).


Vir die ander dele in hierdie boekie (jy is 'n lewende wese)(jy is grond)(jy is 'n lewende siel), gaan na:

https://sondagskooltuis.blogspot.com/p/wat-is-ek.html

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------




Saturday, June 17, 2023

Tuesday, June 13, 2023

Jy is grond (vervolg) - Ekstra inligting en lesaanbieding idees

 

Vir die Sondagskoolles "Jy is grond" (deel vd boekie "wat is ek"?), gaan na: https://sondagskooltuis.blogspot.com/2023/05/wat-is-ek-vervolg.html.

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------