Sunday, October 14, 2012

Besprekingsvrae 12-17 jariges: GELOOF

(1) VRAAG OOR GELOOF:

 In die boek van Jakobus lees ons die volgende vers:
 (Jak. 2:19)  "Jy glo dat God één is. Jy doen goed; die duiwels glo dit ook, en hulle sidder". 
 Kyk wat het die duiwels/onreine geeste gese oor Jesus wanneer Hy hulle uitgedryf het:
 (Mar 3:11)  En elke keer as die onreine geeste Hom sien, het hulle voor Hom neergeval en geskreeu en gesê: U is die Seun van God!;  (Mar 5:7)  en skreeu met ‘n groot stem en sê: Wat het ek met U te doen, Jesus, Seun van die allerhoogste God? Ek besweer U by God om my nie te pynig nie;  (Mat 8:29)  En meteens skreeu hulle en sê: Wat het ons met U te doen, Jesus, Seun van God? Het U hier gekom om ons voor die tyd te pynig?; (Luk 8:28)  En toe hy Jesus sien, skreeu hy uit en val voor Hom neer en sê met ‘n groot stem: Wat het ons met U te doen, Jesus, Seun van die allerhoogste God? Ek bid U, moet my nie pynig nie—"  -  dit is dus duidelik dat selfs die onreine geeste Hom erken het as die Seun van God en ook die allerhoogste God erken het - hulle glo dat Hy IS en die allerhoogste is en dat Jesus die Seun van God is (en hulle sidder).

VRAAG:  Wat is die verskil tussen 'n Christen wat "glo" dat God die allerhoogste is en Jesus die Seun van God, en die duiwels wat "glo" dat God die allerhoogste is en Jesus die Seun van God?

(Die antwoord word verkry deur Jak. 2:19 in konteks te lees - Jakobus praat van geloof sonder werke en werke sonder geloof).  Die antwoord is dus:  GEHOORSAAMHEID.  Om jouself aan die Here te onderwerp, beteken om "gehoorsaam" te wees aan Hom.  ( Lees Joh. 8:44 waar Jesus praat met die ongelowiges - (Joh 8:44)  "Julle het die duiwel as vader, en die begeertes van julle vader wil julle doen...."  - Alhoewel hulle se dat hulle GLO, is hulle eintlik ongelowig omdat hulle die begeertes van die duiwel uitvoer en nie van die Here nie.)  (Kyk ook die KONTEKS van  (Mat 7:21)  "Nie elkeen wat vir My sê: Here, Here! sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is" - Jesus praat hier van "goeie bome dra goeie vrugte en slegte bome, slegte vrugte" - (Mat 12:50)  "Want elkeen wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is, dié is my broer en suster en moeder" -
 Jesus het ook bely dat Hy die wil van die Vader doen!  -Joh. 5:30)  .  Vir baie mense gaan "geloof" net oor 'n wete dat God IS en om Hom te erken as die allerhoogste, wat ja, deel is van geloof,  maar "geloof"  en "ondergeskik stel", gaan oor gehoorsaamheid!  Daarom se die skrif ons kan nie twee here dien nie,  (Mat 6:24) "want òf hy sal die een haat en die ander liefhê, òf hy sal die een aanhang en die ander verag" -( in die betrokke gedeelte het Jesus gepraat oor besittings en geld en sorge van die lewe wat maklik 'n afgod kan raak!).  Wanneer iemand werelds ingestel is, dan neem hy besluite volgens eie begeertes, maar wanneer iemand homself ondergeskik stel aan die Here, dan vra hy altyd eers na die wil van die Here alvorens hy optree.  Dit gaan dus op die ou end nie oor my eie wil nie, maar oor die Here se wil.

-Bid jy altyd eers, of verneem wat die wil van die Here is voor jy 'n besluit neem? Wag jy gewoonlik op die Here se antwoord? (-of doen jy net eenvoudig wat jy wil of raak ongeduldig en doen wat jy "dink" is die regte besluit?)

-Maak jy persoonlike gebedstyd met die Here waar jy Hom en Sy wil beter leer ken?  


No comments:

Post a Comment

Note: Only a member of this blog may post a comment.