Sunday, March 10, 2013

Evangelie Reeks 12-17 jariges: Wette en Geloof

VIR ANDER ONDERWERPE IN HIERDIE REEKS, GAAN NA:
-  http://sondagskooltuis.blogspot.co.nz/2013/01/interessante-vrae-vir-bespreking-12-tot.html
-  http://sondagskooltuis.blogspot.co.nz/2012/10/interessante-vrae-vir-bespreking-vir-12.html

ANDER POSTE VD EVANGELIE REEKS:
========================================================================

(Luk 16:16) " Die wet en die profete was tot op Johannesvan toe af word die evangelie van die koninkryk van God verkondig, en elkeen dring met geweld daarin".  

---------------------------------------------------------------------------------------------

VRAAG VIR BESPREKING:
(1) As die "wet en profete was tot op Johannes" (en van toe af die evangelie van die koninkryk verkondig word), beteken dit dat ons geen wette meer hoef te onderhou nie?  


===========================================================
Alhoewel die wet en profete vervul is, beteken dit nie dat die Christen geen "wette" het nie! Inteendeel, in die evangelie van die koninkryk, het "wette" 'n sterker betekenis gekry en moet die geregtigheid oorvloediger wees! Die onderhouding van die wet, was inteendeel nooit bedoel as 'n weg na saligheid nie, ook nie in die O.T. nie! -(Rom. 3-5).  "GELOOF" was altyd! . Beteken dit dan dat daar geen "gehoorsaamheid" van ons verwag word nie? Nee.  Deur "gehoorsaamheid" bewys die Christen dat hy die Here in beheer sit van sy lewe - dit word dus van die gelowige verwag om gehoorsaam te wees! Net so is baie leringe in die "evangelie van die koninkryk" nie 'n manier om saligheid te verkry nie, maar eerder die manier hoe die Christen regtig "in die geloof" lewe. ("ongehoorsaamheid" was in die eerste plek dit wat veroorsaak het dat Adam en Eva geval het)

*  "bekering en geloof is noodsaaklik om "kinders van die koninkryk te word", maar as die kinders van die koninkryk nie die nodige vrug dra nie, kan hulle hul seunskap verloor!"

*  "ons kan nie saligheid ontvang deur die onderhouding van wette nie, maar om in die wil van die Here te lewe, is 'n bewys dat iemand tot geloof gekom het"

OM HIERDIE REDE HET JESUS NIE NET DIE OPDRAG GEGEE OM DIE EVANGELIE AAN AL DIE NASIES TE VERKONDIG NIE, MAAR HY HET OOK GESE:  (Mat 28:19)  "Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het".  
Wanneer ons dus praat van "DIE EVANGELIE", dan is dit belangrik dat dit aan mense verduidelik word dat hulle hulself moet ondergeskik stel aan hulle Skepper- die persoon moet verstaan dat, om deel te wees van die kinders van die koninkryk, of om die koninkryk te beerwe, beteken dat hy homself ondergeskik stel AAN DIE KONING van daardie koninkryk (- dit gaan dan nie meer oor die persoon se eie wil nie, maar oor "wat die Here wil").  Jesus het baie oor hierdie dinge gepreek terwyl Hy die "evangelie van die koninkryk" verkondig het, nl. "gehoorsaamheid", "om die wil van die Vader te doen", "om te bekeer" ens.
----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------


Ook in die eerste gemeentes, het die dissipels nie die "evangelie van Jesus Christus" geskei van die "evangelie van die koninkryk" nie:
  
(Hand. 8:12)  "Maar toe hulle Filippus geglo het, wat die evangelie (1) aangaande die koninkryk van God en (2)die Naam van Jesus Christus verkondig het, is hulle gedoop, manne sowel as vroue".

Let ook daarop dat toe Jesus gepraat het van hoe die evangelie aan die hele wereld verkondig sal word as getuienis, Hy volgens Matt. 24:14 die woorde "die evangelie van die koninkryk" gebruik het. Die evangelie behels dus nie net die feit dat Jesus vir ons gesterf het sodat ons sondes afgewas kan word nie, maar behels ook die feit van Sy koninkryk.  Net so natuurlik, is die evangelie van vrede verkondig in die eerste gemeentes, saam met die evangelie van Jesus Christus.

As net die "evangelie van Jesus Christus" verkondig word sonder die "evangelie van die koninkryk", dan het dit tot gevolg dat baie dink hulle saligheid is beklink, maar is dit?  Iemand kan 'n kind van die koninkryk word deur wedergeboorte, maar watter gevolge sal dit he sou daardie persoon nie "die nodige vrug dra nie?"  Kom ons kyk wat Jesus gese het van "die Jode wat Hom verwerp het en nie die nodige vrug gedra het nie":  
(Mat 21:42)  "Jesus sê vir hulle: Het julle nooit in die Skrifte gelees nie: Die steen wat die bouers verwerp het, dit het ‘n hoeksteen geword. Hy het van die Here gekom en is wonderbaar in ons oë?
(Mat 21:43)  Daarom sê Ek vir julle: Die koninkryk van God sal van julle weggeneem en aan ‘n volk gegee word wat die vrugte daarvan sal dra". (Kyk ook Matt. 3:7-11).  Baie sal redeneer dat die woorde  slegs bedoel is vir die wat Jesus regtig verwerp, maar dit is duidelik dat die skrif ook die feit van "vrug dra" insluit;  - bv. kyk ook na "die gelykenis van die Saaier" en vele ander skrifte oor die onderwerp - dit is duidelik dat iemand sy kindskap kan verloor, sou hy homself nie ondergeskik stel aan die Here om Hom gehoorsaam te wees nie (dit is immers wat bekering beteken, maar as iemand dan nou opsetlik bly sondig nadat hulle tot die waarheid gekom het, watter ander offer is daar dan? -Hebr. 10:26).  DUS MOET ONS SEKER MAAK DAT ONS VERSTAAN WAT "DIE EVANGELIE" REGTIG BEHELS.  

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Die evangelie bevat dus die begrip van "bekering".  Bekering was altyd, en is nog steeds 'n voorwaarde om "kinders van die koninkryk" te kan word.  Bekering gaan daaroor dat iemand homself ondergeskik stel aan die Here - hy le sy lewe af vir die Here - dit gaan nie meer oor sy eie wil nie, maar oor die Here se wil - hy erken Hom as sy Koning - hy dien Hom - hy volg Hom ..........daarom skryf Paulus:  (Kol 3:9,10)  "Lieg nie vir mekaar nie, omdat julle die oue mens met sy werke afgelê het en julle jul met die nuwe mens beklee het wat vernuwe word tot kennis na die beeld van sy Skepper", 

---------------------------------------------------------------
(Mat 9:17)  ‘n Mens gooi ook nie nuwe wyn in ou leersakke nie; anders bars die sakke en die wyn loop uit en die sakke vergaan. Maar ‘n mens gooi nuwe wyn in nuwe sakke en altwee bly behoue.

No comments:

Post a Comment

Note: Only a member of this blog may post a comment.