Wednesday, March 6, 2013

Geskiedenis gedeelte: Daniel tydlyn dele 1 en 2


KOM ONS KYK NA 'N PAAR GESKIEDKUNDIGE FEITE:
( geleerdes verskil oor sekere punte;  baie van onderstaande is op interprestasie gebou en moet ook so hanteer word - ten spyte van verskillende interpretasies, is die geskiedenis aboluut bewys daarvan dat Daniel 'n opregte profeet was en weet ons dat dit wat nog in vervulling moet gaan, inderdaad sal gebeur soos die profete voorspel het)
(sorry, nie oral vertaal!)
-------------------------------------
In hierdie blogpost behandel ons geskiedkundige feite rondom:
- die Beeld wat Nebukadnesar in sy droom gesien het, die visioen van Daniel oor die 4 diere e.a. skrifgedeeltes:
(kyk LEGKAARTE hiervoor: 

------------------------------------------------------------------------------------------------------------

(1)


(2)


========================================================================
(1) - HOOF van die beeld in Nebukadnesar se droom - (GOUD): Babiloniese Ryk: 
             (608 - 539 v.C.) - (EERSTE TEMPEL VERWOES EN JODE IN BALLINGSKAP 
             WEGGEVOER)
                                                   
)


(Dan 2:37)  U, o koning, koning van die konings, aan wie die God van die hemel die koningskap, die krag en die sterkte en die eer verleen het,
(Dan 2:38)  en in wie se hand Hy in die hele bewoonde wêreld die mensekinders, die diere van die veld en die voëls van die hemel gegee het, sodat Hy u as heerser oor hulle almal aangestel het—ú is die hoof van goud.  - Nebukadnesar - Babiloniese Ryk.


*  Vgl. dit met die 4 Diere in Dan. 7, die Leeu:  vlerke van 'n arend; vlerke uitgeruk en van grond af opgehef en soos 'n mens op twee voete neergesit; daaraan 'n mensehart gegee.  

Die leeu was 'n besonderse simbool in Babilonie en hulle het baie beelde gehad van leeus met vlerke.  Daar was selfs leeus op die mure by die "Ishtar gate" en 'n leeu op die agterkant van 'n silwer sekel, 'n muntstuk.  L.w. hoe die die leeu in Dan. 7 beskryf word - vgl. dit met Dan. 4.  (Dan 4:16)  "Laat sy hart anders word as dié van ‘n mens en ‘n dierehart aan hom gegee word, en laat sewe tydperke oor hom heengaan"/
(Dan 4:33)  "Dieselfde oomblik het die woord in vervulling gegaan oor Nebukadnésar—hy is uit die mensdom verstoot en het plante geëet soos die beeste, en deur die dou van die hemel is sy liggaam natgemaak, totdat sy hare lank geword het soos die vere van arende, en sy naels soos dié van voëls./(Dan 4:34)  "En ná verloop van tyd het ek, Nebukadnésar, my oë na die hemel opgeslaan, en my verstand het in my teruggekeer, en ek het die Allerhoogste geloof en Hom wat ewig lewe, geprys en geëer, wie se heerskappy ‘n ewige mag en wie se koningskap van geslag tot geslag is". Dit is interessant om te merk hoe Nebukadnesar (koning van Babilon; simbool van Babilon 'n leeu) verneder is om te leef soos 'n dier, totdat sy hare lank geword het soos die vere van arende.....totdat hy tot insig gekom het ('n mensehart gegee) en toe uiteindelik aan die Here die eer gegee het wat Hom toekom.    
(leeus by Ishtar gate)





*  (TWEEDE TEMPEL IN 515 v.C. VOLTOOI)
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

(2) - BORS EN ARMS (SILWER):  Mede & Perse (sowat 539 - 332 v.C.)

(Dan 5:28)  perés—u koninkryk is verdeel en aan die Meders en Perse gegee.
(Dan 5:29)  Toe het Bélsasar bevel gegee, en hulle het Daniël met purper beklee, met ‘n goue ketting om sy hals, en aangaande hom openlik uitgeroep dat hy as derde in rang in die koninkryk sou heers.
(Dan 5:30)  In dieselfde nag is Bélsasar (Nebukadnesar se seun), die koning van die Chaldeërs, gedood.
(Dan 5:31)  (6:1) En Daríus, die Meder, was twee en sestig jaar oud toe hy die koningskap ontvang het.


(Dan 6:28)  (6:29) En hierdie Daniël was voorspoedig onder die regering van Daríus en onder die regering van Kores, die Pers.


*  Vgl. dit ook met die 4 diere in Dan. 7, die Beer:  (is aan een kant opgerig; 3 ribbes in sy bek tussen sy tande;  en so het hulle vir hom gese: "staan op, eet baie vleis).


Volgens sekere geskiedkundiges, was Darius die groter een van die 2 leiers ("aan een kant opgerig") - Darius was 'n Meder, en Kores, 'n Pers.  Darius het na sy eerste jaar van koningskap gesterf (Dan. 5), en Kores was toe die enigste heerser. Die geskiedenis verwys na hierdie tydperk bloot as die Persiese koninkryk.  Die Mede & Perse het 3 koninkryke verower:  "the Lydian Kingdom" (546 B.C.), "Chaldean Empire" (539 B.C.) and the "Egyptian Empire" (525 B.C.) - ("3 ribbes in die bek").




(Dan 2:39)  "En ná u sal daar ‘n ander koninkryk opstaan, geringer as dié van u...". 

 (4)



*  Vgl. hierdie met Dan. 8 en 11 - Ram met 2 horings: Konings van die Meders & Perse - (een horing hoer as die ander/ hoogste het laaste uitgekom)(ram doen wat hy wil; niemand hou stand; raak magtig)(ram stoot na noorde, weste en suide) -

Dan. 11:2 - "En nou sal ek jou die waarheid te kenne gee. Kyk, nog drie konings sal opstaan vir die Perse, en die vierde sal groter rykdom verwerf as almal; en as hy sterk is deur sy rykdom, sal hy alles in beweging bring teen die koninkryk van Griekeland".

------------------------------------------------------------------------------------------------------------

(3) - BUIK EN LENDENE (KOPER):  Griekse Ryk (sowat 332 - 68 v.C.)

(Dan 2:39)  "...daarna ‘n ander, ‘n derde koninkryk, van koper, wat oor die hele aarde sal heers".  


(5)



*  Vgl. hierdie met Dan. 8 en 11;  Dan. 11:3 - "Dan sal ‘n dapper koning opstaan wat groot heerskappy sal hê en sal maak net soos hy wil" - vgl. dit met Alexander die grote.  (Dan 11:4)  "En as hy opgetree het, sal sy koninkryk verbreek word en na die vier windstreke van die hemel verdeel word; en dit sal nie aan sy nakomelinge behoort en nie wees soos die heerskappy wat hy gehad het nie—want sy koninkryk sal verwoes word en nie aan hulle behoort nie, maar aan ander".  Toe Alexander doodgaan sonder 'n erfgenaam, het sy 4 generale die koninkryk verdeel in 4 koninkryke:
(1)  Ptolemy (het Egipte oorgeneem en die naby landstreke -Cyrene, Arabia, Petra, Palestine en dele van Asia minor)
(2)  Seleucus (Syria en Babilon en Asia - oostelike nasies, na Indie)
(3)  Lysimachus (Thrace en omliggend, Bithynia en meeste van Asia minor)
(4)  Cassander (Macedonia en Greece)

*  Vgl. dit nou ook met die 4 diere in Dan. 7, MET DIE LUIPERD - dit het 4 vlerke van 'n voel op sy rug gehad; ook het die dier 4 koppe gehad.



*  Vgl. dit ook met Dan. 8 - die "harige bok", koning van Griekeland - (bokram uit weste oor die oppervlak van die hele aarde, sonder om die grond te raak) - Alexander die grote het vinnig oorwinning behaal, vroeg in sy lewe;  in die geskiedenis was daar niemand so vlugtig soos hy nie. In Dan. 8 lees ons dat "die bok magtig geword het, maar toe hy sterk was, het sy groot horing afgebreek en 4 horings het in sy plek uitgekom na die noorde, suide, weste en oorste)(4 koninkryke sal uit sy volk ontstaan, maar nie met sy krag nie)  -  4 koninkryke het inderdaad uit Alexander se volk ontstaan, maar "nie met sy krag nie" - hy is jonk dood en dit is oorgegee aan sy 4 generaals wat dit verdeel het in 4 koninkryke (kyk vorige).


*  Let wel dat die "horinkie" wat in Dan. 7 beskryf word, lyk of dit meer verwysend is na die Antichris as die "klein horing" wat verder beskryf word in Dan. 8:9-14 (sommige geleerdes verbind hierdie met die "Maccabeus Revolt", maar dit lyk of die datums verskil).  Dan. 8:22,23 (die verduideliking van eerste deel in Dan. 8), stel egter 'n prentjie voor wat ook lyk of dit meer verwysend is na die Antichris (veral die woorde, "as die goddelose die maat volgemaak het").  Hoekom geleerdes graag dit wil uitklaar, is omdat hulle dan met meer sekerheid sal kan se uit watter koninkryk/e die Antichris sal kom.  As dit uit een van hierdie bg. koninkryke is (4), dan kan die Antichris nie uit "Rome" kom nie;  alhoewel ons weet dat Rome hierdie koninkryke oorgeneem het en heelwat groter gegroei het, waaruit natuurlik later die 10 koninkryke sal opstaan (waaruit uit enige van hulle, die antichris kan kom - Dan. 2).  Om die tekens van die tye te kan onderskei is egter belangriker as om te weet uit watter koninkryk presies die Antichris kom! - ook gee die skrif nie genoeg duidelikheid hieroor nie en moet ons ook kennis neem dat die gedeelte in Dan. 11, van die "konings van die noorde en suide", alhoewel ook baie geskiedkundig meeste van die hoofstuk verduidelik kan word, dit ook blyk of die laaste deel praat van die Antichris (Dan. 11:35-46) - dus, as dit die geval is, dan word hy ook genoem "die koning van die noorde" - iets wat ook heelwat redenasie uitlok onder geleerdes.  Meeste geleerdes is egter van mening dat die koning van die noorde, die "Seleucus ryk" voorstel en glo dat die Antichris uit daardie geledere gaan kom.  

*  Alhoewel die allerheiligste van die tweede tempel in 63 v.C. ontheilig is deur die Romeinse generaal, Pompejus, is dit nie heeltemal verwoes nie.  In 19 v.C. het Herodus die Grote begin om dit te restoreer en ongeveer 9 v.C. voltooi.  Hierdie tempel is egter in 70 n.C. verwoes en l.w., "die voortdurende offer was inderdaad ontneem en die heilige woning neergewerp".  Tog moet ons verstaan dat toe Jesus in Matt. 24:15 woorde aangehaal het uit die boek van Dan., "wanneer julle dan die gruwel v/d verwoesting, waarvan gespreek is deur die profeet Dan., sien staan in die heiligdom-laat hy wat lees, oplet...", het Hy nie net verwys na iets in die toekoms nie, maar ook na die "voleinding v/d wereld" en Sy wederkoms (kyk v.27).  Dus lyk dit of geskiedenis homself weer-eens herhaal.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

(4) - BENE (YSTER): Romeinse Ryk


(6)


(Dan 2:40)  "en die vierde koninkryk sal hard wees soos yster, juis omdat yster alles fynstamp en verpletter; en soos die yster wat vergruis, sal hy dit alles fynstamp en vergruis". Die Romeinse Ryk was sterker as enige voor hom en het alle vorige koninkryke verbrysel - vgl. dit met die woorde in Dan. 7:7 - "...‘n vierde dier, vreeslik en skrikwekkend en baie sterk, en dit het groot ystertande gehad; dit het verslind en vermorsel en die oorskot met sy pote vertrap; en dit was verskillend van al die diere wat voor hom gewees het...".


  Die Romeinse Ryk het ontstaan sowat 63  v.C. Die eerste heersers van Rome was konings genoem; in
  die volgende tydperk, 'n republiek; toe keisers...(in Daniel e.a. profetiese skrifte verwys die woord koning
  na enige van hierdie aanspreekvorme...). Die eerste Romeinse keiser se naam was Octavius (het die naam
  Augustus aangeneem), en het keiser geword in 31 v.C.






  Die Romeinse Ryk het uitermate gegroei - dit het die meeste van Europa gedek, meeste van Noord-Afrika
  asook dele van Asie - in 395 n.C. is het keiser Diocletian Rome in twee verdeel,nl. 'n
  "oostelike Rome" en   'n "westelike Rome"
  (hierdie 2 dele kan moontlik verwys na die 2 bene van die beeld)
(l.w. dat daar verskille heers rondom die presiese jaartalle)

- alhoewel elke ryk sy eie heerser gehad het en verskillende identiteite, was hulle eintlik dieselfde Ryk en die
  een in beheer van Rome, was hulle senior leier. Diocletian het gekies om oor die "oostelike Romeinse Ryk"
  te heers - voor hy Rome vir goed verlaat het, het hy baie van Rome se geld oorgeneem na die oostelike
  ryk:

  *  OOSTELIKE: (Turkye en dele van Asie)(genoem: "Byzantine empire"; algemeen bekend as die
     "Romeinse Ryk")(hoofstad Constantinople)
   - het geeindig 1453 n.C. toe die Turke Constantinople oorgeneem het.


File:Byzantium1204.png





 *  WESTELIKE:
   (basies Europa en dele van Noord-Afrika;  Spanje, Frankryk, Engeland, Italie, dele van Duitsland...)
  - het geeindig in 476 n.C. (toe die "Goths" beheer oorgeneem het)

  Die Romeinse Ryk het (voor verdeling) 426 jaar geduur - die westelike het daarna,
  nog 81 gehou, d.w.s. 507 jaar;  die oostelike het nog 1058 jaar gehou, d.w.s. 1484
  jaar in totaal.



*  Sowat 64 n.C. het Nero begin om die Christene en Jode te vervolg.  IN DIE JOODSE OPSTAND IN 70 n.C., IS DIE TWEEDE TEMPEL VERWOES en die skatte na Rome geneem.  Al wat oorgebly het van die tempel, is 'n deel van die westelike muur.

------------------------------------------------------------------------------------------------------------

(5) - VOETE (GEDEELTELIK KLEI/GEDEELTELIK YSTER):

(Dan 2:41)  "En dat die voete en die tone, soos u gesien het, deels van pottebakkersklei en deels van yster was—dit sal ‘n verdeelde koninkryk wees, en van die hardheid van die yster sal daarin wees, omdat u die yster met kleigrond gemeng gesien het.
(Dan 2:42)  En dat die tone van die voete deels van yster en deels van klei is—’n gedeelte van die koninkryk sal hard en ‘n gedeelte sal bros wees.
(Dan 2:43)  Dat u die yster gemeng met kleigrond gesien het—hulle sal deur menslike gemeenskap onder mekaar vermeng raak, maar hulle sal nie aanmekaar vasklewe nie, net soos yster nie met klei meng nie".

*  Vgl. dit met die 10 koninkryke wat sal opstaan uit die 4 de Dier, Dan. 7, en "'n ander een na hulle" (3 v/d vorige konings daarvoor ontwortel) - vgl. dit met die 10 tone (5 aan elke voet). Die ander een na hulle sal dus wees, die 8 ste een en word gesien as die Antichris. (DIE 4 DE DIER IS NIE DIE ANTICHRIS NIE, MAAR DIE ANTICHRIS SAL UIT EEN VAN DIE 10 KONINKRYKE, WAT UIT DIE 4 de DIER KOM, OPSTAAN)

Daar is heelwat redenasie en verskille oor die koninkryk waaruit die Antichris sal opstaan en alhoewel die Skrif vir ons leiding gee hierop, verskil die interpretasie daarvan.  (kyk onder punt 3 opsomming hieroor)



No comments:

Post a Comment

Note: Only a member of this blog may post a comment.