Friday, October 4, 2013

Nuwe posts op "Sondagskool Crafts"

Hier is 'n paar Scrapbooking idees:  -vir Moedersdag, en vir Sussie! Dankie aan Doret vir hierdie wonderlike bydraes. Ons sien uit na al die besonderse idees wat sy na die "Sondagskoolcrafts" blog gaan bring as mede-outeur. Ons het ook die Sondagskool crafts blog oopgestel vir "comments" - vra gerus vir Doret enige vrae rakende hierdie twee blogposts (onder), of as iemand vrae het op enige ander pos op "Sondagskool Crafts". Dit is nog 'n jong blog, maar het al heelwat posts op, o.a. 'n Boksiepatroon om te vou vir Kringkorrels (met koringkorrels oor die koninkryk van God in engels en afrikaans om af te druk) / "3D lucky packet" idees vir fondsinsameling/bazaar, met patrone /  plekmatjies met kort opsommings oor eindtyd onderwerpe (ook ideaal vir fondsinsameling of plakate vir die Sondagskoolklas). http://sondagskoolcrafts.blogspot.co.nz/ Ek beoog om binnekort weer te werk op die Sondagskooltuis blog, en as die Here wil, volgende jaar.  Huidiglik sal ek alles op die Sondagskoolcrafts ook hier adverteer vir die ouens wat my Sondagskooltuis blog besoek.  (Kol 1:17 - "En Hy is voor alle dinge, en in Hom hou alle dinge stand").


-----------------------------------------------------------------------------------

Moedersdag koevert Mini-Album


Dankie-Sussie mini-album

========================================================================

No comments:

Post a Comment

Note: Only a member of this blog may post a comment.