Monday, March 17, 2014

Navorsing Lesse (14-17 jariges): Die Boom van die Lewe

Navorsing Les:  Boom van die Lewe 

Die bedoeling van die les is dat die kinders self gaan navorsing doen oor die onderwerp. (Hulle kan agterna miskien in groepe gesels oor die onderwerp van bespreking, waaroor hulle bybelstudie gedoen het, en as groep dit voordra).  In hierdie les is die onderwerp die "boom van die lewe" waarvan Jesus praat in Openb. 2:7.  Die onderwyser kan hierdie blogpost uitdruk en vir elke kind uitdeel, of dit kan per e-pos aangestuur word.
--------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
SKRIF VAN TOEPASSING:
(Openb. 2:7)  "Wie ‘n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sĂȘ. Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om te eet van die boom van die lewe wat binne in die paradys van God is".


VRAE OM NA TE SLAAN, EN VIR BESPREKING:
- Waar vind ons die boom van die lewe? Hoe skakel dit aan by die tema van "ewige lewe"?
- Wat is nou eintlik die betekenis van die boom van die lewe?  
- Watter konneksie het die feit dat Adam en Eva uit die tuin weggestuur is, met die boom van die lewe?
- Wie is die persone wat toegang gaan he tot die boom van die lewe? (m.a.w. "wat is die voorwaardes"?)

------------------
Gaan doen bybelstudie om meer te verstaan oor die tema van die "boom van die lewe", en berei so voor dat jy jou antwoorde aan die klas kan voordra.
=====================================================================================
Die leerling moet die volgende ingedagte hou:
-  As daar nie volkome sekerheid is oor dele van die onderwerp nie (m.a.w. as die skrif nie volkome sekerheid daaroor gee nie), moet dit uitgelig word;
-  Vind alle skrifte in die Bybel wat handel rondom die "boom van die lewe", lees dit in konteks, en probeer bepaal of jy kan uitvind of dit letterlik of figuurlik bedoel is;
-  Maak behoorlike notas. 
=====================================================================================

(1)  Lees eerstens die skrif (van bespreking), in konteks:
Openb. 2:1-7.  

(2)  Gaan kyk of daar enige ander skrifte is in die Bybel rondom die onderwerp, en lees dit ook in konteks - (hiervoor kan ook 'n program soos e-sword gebruik word om die woorde vinnig op te soek; "e-sword" kan verniet afgelaai word by http://www.e-sword.net/)- tik dan bv. die woorde "boom van die lewe" in op "search". Hier is 'n paar verse van toepassing:  Gen. 2:9;  Gen. 3:17-24; Spreuke 11:30; Openb. 22:2,14. Probeer om al die bg. vrae te beantwoord.

(3)  Gesels met ander gelowiges oor die onderwerp.
------------------------------------------------------------------------------------------------

No comments:

Post a Comment

Note: Only a member of this blog may post a comment.