Tuesday, April 14, 2015

Die geloofwaardigheid van die Bybel ("Christelike" boeke wat nie geloofwaardig is nie)

Ander poste wat handel oor die Geloofwaardigheid vd Bybel:


---------------------------------------------------------------------------------------------
In die brief deur Paulus aan Timoteus, waasku hy hom teen dwaalleringe in die kerk, veral teen sekere Joodse asook Gnostiese idees. Net soos vandag was daar reeds baie valse leerstellings wat die kerke ingesluip het in die tyd van die eerste kerke.  Die Gnostiese groep was veral 'n groep waarvoor hulle baie versigtig moes wees, omdat hulle leringe die waarheid verdraai het.  In 'n 5 hfst. boek geskryf deur 'n vroee kerkvader, Ireaeus (180 n.C.), waarin hy valse leerstellings uitwys, het hy o.a. die Gnostiese groep uitgewys (http://www.earlychristianwritings.com/irenaeus.html). Die Gnostiese groep het bestaan uit 'n groep van verskillende gelowe, en baie van hulle was sogenaamde Christene, maar hulle leringe het nie geklop met die leringe van die apostels en dit waaroor daar reeds ooreenstemming was op wat Jesus geleer het en wat regtig gebeur het nie.  Daar is baie valse leerstellings wat uit die Gnostiese geledere kom, o.a. dat saligheid kom deur "kennis" (vandaar ook die woord "gnosis", Griekse woord vir kennis) en as ons gaan kyk na wat hulle presies geglo het, is dit INTERESSANT OM TE SIEN DIE VERGELYKINGS TUSSEN HIERDIE AFVALLIGE LEERSTELLINGS EN DIE LEERSTELLINGS VAN HINDOEISME EN DIE NEW AGE. Die ergste is dat baie van hierdie leerstellings sommige Christelike kerke weer ingekruip het.  
---------------------------------------------------------------------------------------------
In hierdie pos gaan ons na een van hierdie gnostiese boeke kyk, nl. "die evangelie van Judas":
_____________________________________________________________________________________________


_________________________________________________________________________________


No comments:

Post a Comment

Note: Only a member of this blog may post a comment.