Tuesday, April 14, 2015

Die geloofwaardigheid van die Bybel (Groepbespreking - praktiese gedeelte)

Ander poste wat handel oor die Geloofwaardigheid vd Bybel:
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------
Geleerdes gebruik 4 toetse om die geloofwaardigheid en akkuraatheid van die Bybelboeke te bepaal:
-  (1)  Die interne toets
-  (2)  Die eksterne toets
-  (3)  Die profetiese toets
-  (4)  Die bibliografiese toets

Ons gaan later in meer diepte hierna kyk.

Die volgende video's kan moontlik aan die groep gewys word aan die einde van die les:
https://www.youtube.com/watch?v=DDCmmAX3PFk
https://www.youtube.com/watch?v=Q-lK2hLf_Sg
(let wel dat hierdie persone se video's gekies is bloot op die inligting wat in daardie spes. video's van hulle voorkom en geen ander media van hulle bestudeer is nie)
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

----------------------------------------------------------------------------------------

======================================================================
________________________________________________________________________________
As ons die verskillende skrywers van die boeke van die Bybel se geskrifte met mekaar sou vgl., moet die verskillende getuienisse (m.a.w. soos waar hulle oor dieselfde dinge skryf) se woorde met mekaar ooreenstem.  So vgl. die geskrifte van die 4 Evangelies baie goed met mekaar - behalwe dit is die vertalings daarvan oor die eeue  baie betroubaar sou ons gaan kyk na die manuskripte. Daar bestaan meer as 24 000 oorspronklike manuskripte van die Nuwe Testament!  Dit self bewys die buitengewone akkuraatheid van die Nuwe Testament, en bewys dat dit betroubaar is.
Omdat meeste van ons nie toegang het tot hierdie manuskripte nie, is dit goed om te hoor wat geleerdes te se het hieroor:
-  Sir Fre­derick Kenyon, die voormalige kurator en direkteur van die Britse Museum en wêreldleier op die gebied van historiese li­teratuurmanuskripte, het die volgende gesê: “The last foundation for any doubt that the Scriptures have come down to us as they were written has now been removed. Both the authenti­city and the general integrity of the books of the New Testament may now be regarded as finally established.”
-  Dr. Simon Greenleaf, die man wat Harvard Universiteit beroemd gemaak het en een van die mees gerespekteerde regs­geleerdes wat die VSA ooit opgelewer het, het tot bekering gekom juis toe hy gepoog het om Jesus se opstanding uit die dood as ʼn mite te ontbloot. Hy het gesê: “According to the laws of legal evidence administered in the courts of justice, the resurrection of Jesus Christ is one of the best established events of history.”
-  Thomas Arnold, historikus en skrywer van die beroemde reeks boeke ‘The History of Rome’, het by geleentheid gesê: “I know of no fact in the history of mankind which is proved by better and fuller evidence than the Resurrection of Jesus Christ.”

En ons moet onthou dat Jesus se opstanding nie net deur 'n paar mense beleef is nie, maar dat Hy aan meer as 500 broeders verskyn het na Sy opstanding! (1 Kor. 15:5-7).  Dit wil se daar was oor die 500 OOGGETUIES van hierdie wonderlike gebeurtenis. In die tyd waarin Paulus gelewe het, was daar m.a.w amper 500 getuies wat ingeroep sou kon word, sou die vraag oor die opstanding voor 'n hof gebring word!
Feitlik die hele N.T. was geskryf deur ooggetuies, of mense wat weergee wat ander ooggetuies vertel het. Hulle het nie fabels verkondig nie, maar was persoonlik getuies van hierdie dinge (2 Pet. 1:16).
Dit wat die vroee en eerste kerke en kerkvaders geleer het, is ook self 'n bewys omdat dit grootendeels ooreenstem met boeke van die Bybel - kyk bv. dié van Josephus – 37-100 n.C. – wat die Joodse geskiedenis opgeteken het - Kyk hierdie aanhaling uit Josephus se antieke Arabiese manuskrip wat in 1972 deur Schlomo Pines ontdek is:
-  “At this time there was a wise man called Jesus, and his conduct was good, and he was known to be virtuous.  Many people among the Jews and the other nations became his disciples.  Pilate condemned him to be crucified and to die.  But those who had become his disciples did not abandon his discipleship.  They reported that he had appeared to them three days after his crucifixion and that he was alive.  Accordingly, he was perhaps the Messiah, concerning whom the prophets have reported wonders and the tribe of the Christians, so named after him, has not disappeared to this day.” (p. 35)

Daar is heelwat ander antieke bronne soos hierdie.  Inteendeel, sommige geleerdes beweer dat as al die Bybels in die wereld uitgewis sou word, dit vir hulle moonltik sou wees om die hele Bybel weer saam te stel (behalwe vir 11 verse in die N.T.) deur slegs gebruik te maak van hierdie soortgelyke antieke bronne - soveel is die woorde van die Bybel aangehaal in ander geskrewe stukke!  In nog 'n ander antieke bron was die volgende geskryf:  - Gaius Cornelius Tacitus, ’n Romeinse senator en geskiedskrywer (64 n.C.) -  hy bevestig in Boek XV van sy Die Annale oor Nero se vergrype teen die Christene, die kruisdood van die Here Jesus Christus, en gee daarmee ook historiese gewig aan die verhale oor die Here Jesus Christus.  Hy skryf: “Christus, the founder of the name, had undergone the death penalty in the reign of Tiberius, by sentence of the procurator Pontius Pilate ..” (p. 46).Kyk ons na ander boeke van die Bybel, soos Genesis, is dit ook interessant om te merk dat dit aangehaal word deur die hele Bybel - egter meer as enige ander boek van die Bybel! Die N.T. verwys meer as 200 keer na boeke in die O.T., en daar is 165 direkte aanhalings en verwysings na Genesis in die Nuwe Testament waarvan ongeveer 100 verwys na of aangehaal word uit Genesis 1-11  - en van hierdie gedeeltes, word 6 hoofstukke spesifiek deur Jesus self aangehaal!
-  Daar word  na Adam verwys in 6 ander boeke (Deuternomium, 1 Kronieke, Job, Hosea, Romeine en 1 Korintiers).
-  Noag word ook by die naam genoem in 3 Ou Testamentiese boeke (1Kronieke, Jesaja en Esegiel), en word verskeie kere genoem in die Nuwe Testament.
-  In 15 boeke van die O.T., en 11 boeke van die N.T., word na Abraham verwys.
-   Jakob word na verwys in 20 van die O.T. boeke en in 17 van die N.T. boeke.

 As iemand m.a.w. iets anders geskryf het oor Jesus se woorde as hierdie talle geskrifte, soos in die geval van die sg. "evangelie van Judas", dan is dit duidelik dat daar 'n groot vraagteken hang op die persoon se geskrif omdat dit verskil van soveel ander (wat saam dieselfde praat, maar hy praat verskillend) - daar is ook heelwat Gnostiese boeke van hierdie aard wat glad nie vertrou kan word nie! Heelwat ander boeke, soos die evangelie van Judas, kan nie as geloofwaardig bewys word nie, en ons moet ook versigtig wees om te dink dat alle antieke geskrifte geloofwaardig is!  Natuurlik moet daar bepaalde toetse uitgevoer word om te kan bepaal of 'n geskrif regtig vertrou kan word of nie.

No comments:

Post a Comment

Note: Only a member of this blog may post a comment.