Thursday, October 1, 2015

Eersgeborenes/Priesters (Deel van boekie "Die volk van God") - INLIGTING GEDEELTE

Die woord EERSGEBORENE verwys (na die seun wat 
"eerste gebore" is, maar meer verwysend) na nie die een 
wat "eerste" is of in beheer is, en moet verder vgl. word met 
die tema van PRIESTERSKAP.  Christene word bv. 'n 
"heilige priesterdom" genoem (1 Pet. 2:9) omdat hulle eendag "eerste sal wees" (maar huidiglik "laaste") en "in beheer" sal wees vd aarde (met Christus Jesus as Koning).

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
-  CHRISTUS JESUS IS DIE "Eersgeborene van die hele skepping" (Kol. 1:15; Hebr. 1:6)(en die Eniggebore Seun van God - 1 Joh. 4:9; 2 Joh. 1:3; Openb. 2:18);
-  CHRISTUS JESUS IS DIE "Eersgeborene uit die dode" (Kol. 1:18; Openb. 1:5);
-  CHRISTUS JESUS IS DIE "Eersgeborene onder baie broeders" (onder Christene)(Rom. 8:29);
-  CHRISTUS JESUS IS deur die Vader 'n "Eersgeborene gemaak" ("die hoogste onder die konings van die aarde").  In Christus Jesus (wat gebore is uit die stam van Juda - "seun van Dawid"), is Dawid se troon vir ewig bevestig.

- DIE VOLK ISRAEL is gesien as "God se eersgebore seun" (onder die nasies)(Eks. 4:22);

- die STAM VAN LEVI is (later) onder die volk in die plek geplaas van die volk se eersgebore seuns (Num. 3:41).
----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

WAT BETEKEN DIT "OM 'N EERSGEBORENE TE WEES"?
Volgens Joodse tradisie wil dit voorkom asof die oudste seun (eesgebore Hebreer) oorspronklik 
-  die pligte van "priester" gekry het. Hy moes aan die Here opgedra word sodat hy hierdie pligte kon uitvoer.  Die eersgebore seun was dus die PRIESTER van die familie.

Die woord "priester" verwys na 
- die een wat in beheer is, maar gaan nie noodwendig oor status nie;  alhoewel daardie persoon 'n besonderse plek het.  Om "in beheer te wees" het gegaan oor VERANTWOORDELIKHEID teenoor die Here!  Ons sou die priester kon beskryf as 'n DIENAAR VAN GOD (Jes. 61:6) - die priester DIEN DIE HERE!  

Wie was die priester:
- sy lippe moet kennis bewaar;(Mal. 2:7)(2 Kron. 17:8,9;  30:22)(Esra 7:10)
- moet onderrig gee;(Mal. 2:7)(2 Kron. 17:8,9)(Deut. 24:8)(2 Kron. 17:8,9)(Esra 7:10)(Neh. 8:2-8)
- 'n boodskapper van die Here v/d leerskare;(Mal. 2:7)
- moet geregtelike uitspraak gee;(Deut. 17:8-11)(Hag. 2:11-13)
- moet die Here dien;(Deut. 21:5)
- moet in Sy Naam seeninge uitspreek;(Deut. 21:5)
- moet uitspraak gee op sake van twis en verwonding;(Deut. 21:5).
- doen versoening vir die kinders van Israel; (Num. 8:19)
- verrig dienswerk in die tent van samekoms; (Num. 8:19).


en lei dus die res van die familie IN DIE WIL VAN DIE HERE!
Dit gaan nie daaroor dat hy doen wat hy wil nie, maar dat hy doen wat die Here wil.  Daarom kon die priester ook seeninge uitspreek, want hy het die Here geken in die saak. 

DIE VOLK ISRAEL WORD GESIEN AS GOD SE EERSGEBORE SEUN, DIE EERSTELINGE VAN SY OPBRINGS (Jer. 2:3) (- daarom sal almal wat in opstand kom teen Sy vok, skuld op hulleself laai). 
Op dieselfde wyse sal die wat vir die Christen te na kom, eendag verantwoording moet doen daarvoor (http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/05/julle-is-meer-werd-as-baie-mossies.html ).

 Nie net het God Israel Sy EERSGEBORE SEUN genoem nie, maar Hy gaan verder en verklaar dat alle eersgeborenes onder die kinders van Israel, aan Hom behoort!
(Eks. 4:22)  Dan moet jy vir Farao sê: So spreek die HERE: MY EERSGEBORE SEUN IS ISRAEL.
(Eks. 4:23)  Daarom beveel Ek jou: Laat my seun trek, dat hy My kan dien. Maar jy het geweier om hom te laat trek. Kyk, Ek sal jou eersgebore seun laat sterwe.
Sommige geleerdes beskryf dit as volg, dat toe God die volk se eersgeborenes gespaar het die nag wat alle eersgeborenes in Egipte doodgemaak is, het Hy so al die eersgeborenes van Israel vir Homself gekoop.
(Exo 13:2)  Heilig vir My al die eersgeborenes. Alles wat die moederskoot open onder die kinders van Israel, van mense en van diere, dit is myne.

MAAR NA DIE INSIDENT VAN DIE "GOUE KALF", WAS HIERDIE PRIESTERLIKE PLIGTE WEGGENEEM VAN DIE EERSGEBORE SEUNS, EN AAN DIE STAM VAN DIE LEVIETE GEGEE.  Op dieselfde tyd was die instelling dat elke eersgebore seun LOSGEKOOP moes word (m.a.w., hulle moes betaal om van die priesterlike verpligting los te kom - en was in der waarheid gedwing daartoe - Num. 3:41-51).  Levi het 3 seuns gehad:  Kehat, Gerson en Merari (Gen. 46:11; Num. 3:17-27).  In die tyd wat hulle in die woestyn was, was die Kehatiete verantwoordelik vir die dra van die tabernakelmeubels, die Gernosiete het die gordyne en bedekkings gedra, en die Meratiete was verantwoordelik vir die opslaan van die tabernakel self en om dit te dra.  DIE PRIESTERLIKE GESLAG WAS UIT EEN VAN HIERDIE 3 GESLAGTE:  -uit die geslag van Aaron (nageslag van Kehat)(Num. 3).  Net die priesters was toegelaat om offers te bring - die res van die Leviete-families was meer soos bediendes van die priesters (Num. 3:9,10).


http://sondagskooltuis.blogspot.co.nz/p/het-jy-geweet_17.html

========================================================================

En natuurlik het die Here altyd vir Sy priesters gesorg!  
-In die geval van die eersgeborene, het hy 'n dubbele porsie geerf (Deut. 21:17).  
-In die geval van die volk Israel (vir wie God "Sy eersgebore seun" genoem het, Eks. 4:22) het Hy vir hulle die beste land gegee en verseker dat hulle saam met Hom soos konings en priesters sal regeer. 
-So ook het die Priesterlike Levitiese stam al die tiendes en eerstelinge van alles gekry.... 

Anders gestel, daar is vir die eersgeborenes en die wat IN DIE HERE SE DIENS IS (die priester of priesterdom), gesorg.  Vgl. dit met Jesus se woorde oor hoe ons ons nie moet bekommer nie, maar vir die Here vra wat ons nodig het (dit is natuurlik nou die wat ook Sy voorwaardes nakom - net soos die volk ook onderwerp was van of hulle die voorwaardes nakom of nie).  
Daar is heelwat voorbeelde van waar mense hulle "eersgeboortereg" verloor het!  Die rede hiervoor was "ongehoorsaamheid aan die Here" of "ongeloof". 

Voorbeelde:

- (Jakob en) Esau (Esau was die eersgeborene, maar het sy eersgeboortereg verloor)(daarom het die volk wat God vir Homself uitgekies het, uit die geslag van Jakob gekom, en nie uit Esau se geslag nie, al was Esau na regte die eersgeborene)(God het dus vir Hom 'n priesterdom gekies uit die geslag van Jakob);


-Ruben (en Josef) (Ruben was die eersgeborene, maar het dit verloor)(daarom het Josef twee porsies land geerf toe hulle in die beloofde land kom, al was Ruben na regte die eersgeborene, het Ruben sy eersgeboortereg verloor, en dit is aan Josef gegee) 


-En wat van die volk van Israel? (wie die Here se "eersgebore seun" genoem word).  God het nie Sy volk verstoot nie (Rom. 11:1), maar 'n oorblyfsel daaruit geneem (Rom. 11:5); (Rom 11:7 - "Wat dan? Wat Israel soek, dit het hy nie verkry nie; maar die uitverkorenes het dit verkry en die ander is verhard"). Alhoewel Paulus sy volk "eerstelinge" noem, en "heilig" (Rom. 11:16), maak hy dit duidelik in v.14 dat nie almal van hulle gered gaan word nie. Hy verklaar verder dat die van die volk wat nie in die ongeloof bly nieweer ingeeent kan word (Rom. 11:23). Wat die uitverkiesing aanbetref, is die volk Israel "bemindes ter wille van die vaders" (Rom. 11:28) - Net soos die Here aan die heidene die geleentheid gegee het om barmhartigheid te ontvang (die ongehoorsames kry 'n kans), so sal Hy ook vir die ongehoorsames van Sy volk die geleentheid gee om weer barmhartigheid te ontvang (Rom. 11:30-32) - d.w.s. hulle sal weer die geleentheid kry "OM HULLE TE BEKEER". Hy verklaar ook in Rom. 9:27 dat slegs 'n oorblyfsel van die volk gered sal word (Sag. 8:12; Hand. 15:17; Rom. 11:5).  Christus het ook verklaar dat baie van die "kinders van die koninkryk" uitgedryf sal word! (Matt. 8:12).


-Die eersgeborenes onder die volk het aan die Here behoort (Eks. 13:2), want toe die Here al die eersgeborenes in Egipteland gedood het, het Hy die eersgebore seuns van die volk van Israel gespaar (Eks. 13:14-16). Maar toe die eersgeborenes onder die volk ongehoorsaam was aan die Here en die volk afvallig maak en toelaat dat hulle 'n goue kalf maak, is die stam van Levi gekies om die plek/werk van die eersgeborenes te vervul (Num. 3:41-51). Die eersgeborenes onder die volk het nie hulle status verloor nie, maar die plig is van hulle weggeneem, en daarom moes die volk hul eersgeborenes loskoop sodat die Leviete in hulle plek vir hulle diens kon verrig. Dit dan ook die doel van die teken op die hand en voorhoofsband tussen die oë (Eks. 13:16)(rol af vir meer skrifte hieroor).

ONS MOET VERSTAAN DAT NET SOOS HIERDIE EERSGEBORENES HULLE EERSGEBOORTEREG EN PRIESTERLIKE PLIGTE VERLOOR HET A.G.V. ONGEHOORSAAMHEID EN ONGELOOF, baie van die volk van God (as deel van die "eersgebore seun van God") hulle "eersgeboortereg" verloor het a.g.v. ongehoorsaamheid en ongeloof.  En terwyl Christene hulleself sien as 'n priesterdom, 'n heilige volk en 'n volk as eiendom verkry, moet ons verstaan dat ook Christene wat verval in ongehoorsaamheid of afvallig raak van die geloof, hierdie "eersgeboortereg" (as deel van die volk van God, Sy eersgebore seun) kan verloor.  
--------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

WIE WORD IN DIE N.T. GESIEN AS DIE HERE SE "konings en PRIESTERS":
-  (Openb. 20:6)  "Salig en heilig is hy wat deel het aan die eerste opstanding; oor hulle het die tweede dood geen mag nie, maar hulle sal priesters van God en van Christus wees en sal saam met Hom as konings regeer duisend jaar lank". - DIE WAT DEEL HET AAN DIE EERSTE OPSTANDING

-  (Openb. 5:9,10)  "Toe sing hulle (24 ouderlinge) ‘n nuwe lied en sê: U is waardig om die boek te neem en sy seëls oop te maak, want U is geslag en het ons vir God met u bloed gekoop uit elke stam en taal en volk en nasie, en het ons konings en priesters vir onse God gemaak, en ons sal as konings op die aarde heers".

-  (Openb. 1:4-6)  "Johannes aan die sewe gemeentes in Asië: Genade vir julle en vrede van Hom wat is en wat was en wat kom, en van die sewe Geeste wat voor sy troon is en van Jesus Christus, die getroue getuie, die eersgeborene uit die dode en die Owerste oor die konings van die aarde! Aan Hom wat ons liefgehad het en ons van ons sondes gewas het in sy bloed en ons gemaak het konings en priesters vir sy God en Vader, aan Hom die heerlikheid en die krag tot in alle ewigheid! Amen".

- (1Pe 2:5)  en laat julle (die gelowige Jode wat in die verstrooiing is;  die heiliges en gelowiges in Christus Jesus - vgl. ook met Ef. 2:19) ook soos lewende stene opbou, tot ‘n geestelike huis, ‘n heilige priesterdom, om geestelike offers te bring wat aan God welgevallig is deur Jesus Christus. (1Pe 2:9)  Maar julle is ‘n uitverkore geslag, ‘n koninklike priesterdom, ‘n heilige volk, ‘n volk as eiendom verkry, om te verkondig die deugde van Hom wat julle uit die duisternis geroep het tot sy wonderbare lig,


DUS, DIE WAT IN DIE N.T. GESIEN WORD AS "konings en priesters" VIR DIE HERE, IS:
- DIE WAT GAAN DEEL HE AAN DIE "eerste" OPSTANDING (die opstanding tot lewe), M.A.W. "CHRISTENE" (JODE EN HEIDENE WAT TOT GELOOF GEKOM HET IN CHRISTUS JESUS)- hulle is deur die geloof "kinders van Abraham" en kinders van die belofte (Gal. 3:7-9; Rom. 11:24)(Gal 3:29 - "En as julle aan Christus behoort, dan is julle die nageslag van Abraham en volgens die belofte erfgename")(Ef. 3:6).

(Heb 12:22,23 - "Maar julle het gekom by die berg Sion en die stad van die lewende God, die hemelse Jerusalem en tien duisende engele, by die feestelike vergadering en die gemeente van eersgeborenes wat in die hemele opgeskrywe is, en by God, die Regter van almal, en by die geeste van die volmaakte regverdiges"


_________________________________________________________________________________

Die teken op die hand of voorhofsband:

-(Deu 6:8)  Ook moet jy dit as ‘n teken bind op jou hand, en dit moet as ‘n voorhoofsband tussen jou oë wees.


-(Deu 11:18)  Lê dan hierdie woorde van my weg in julle hart en in julle siel, en bind dit as ‘n teken op julle hand en laat dit as ‘n voorhoofsband tussen julle oë wees, (Deu 11:19)  en leer dit aan julle kinders deur daaroor te spreek as jy in jou huis sit en as jy op pad is en as jy gaan lê en as jy opstaan; (Deu 11:20)  en skryf dit op die deurposte van jou huis en op jou poorte,


-(Eks. 13:16)  En dit sal as ‘n teken wees op jou hand en ‘n voorhoofsband tussen jou oë; want die HERE het ons deur ‘n sterke hand uit Egipte uitgelei.


Wat baie skrifgeleerdes en Fariseers verkeerd gedoen het, is om skrifte op hulle te dra met die doel sodat hulle as belangrik geag kon word deur ander:   (Mat 23:5 - "En hulle doen al hul werke om deur die mense gesien te word, en hulle maak hul gedenkseëls ("phylacteries" - dra skrifte op hulle) breed en die some van hul klere groot").  Die doel van die teken op die hand of die voorhofsband, en so ook skrifte op deurposte ens.,  was wel bedoel as 'n teken vir die wat in die Here se diens is asook om hulle kinders te leer en te herinner aan hoe die Here die volk uit Egipte verlos het, maar nooit met die bedoeling om hulle hoogmoedig te maak nie! Die woord "phylactery" is verkry van die Griekse woord, "phylakterion" (Aramees "tefillin"), en word gedra as 2 swart leerbokse met skrif in (Exod. 13:1-10, 11-16; Deut. 6:4- 9; 11:13-21)  - dit word gedra op die voorhoof of op die linkerarm.  Sommige geleerdes is van mening dat hoe die Here dit oorspronklik bedoel het (dat hulle dit moet bind as teken op hand en as voorhofsband tussen oe),  nie letterlik geinterpreteer moes word nie (Eks. 13:9; Deut. 11:18), maar dit is wel duidelik dat die opdrag ook letterlike ingesluit het! (Deut. 11:20).  Hier is 'n paar ander skrifte waar 

"om die skrif te bewaar" meer figuurlik bedoel is:
Spr. 1:8,9;  3:1,3;  6:20-22; 7:2,3; Jer. 31:32.  

DIE TEMA VAN "TEKEN OP DIE VOORHOF", IS EGTER 'N TEMA WAT OOK GESIEN WORD IN DIE BOEK VAN OPENBARING.  En kyk die profesie in Eseg. 9:4 waarin sekere manne 'n teken op hulle voorhoofde kry (die wat sug en steun oor al die gruwels wat in die stad gedoen word) - in hierdie gedeelte word hierdie manne met die teken op die voorhof beskerm.  Vgl. dit ook met Openb. 7:3 en Openb. 14:1 (die 144000) - "dit is hulle wat gekoop is uit die mense as eerstelinge vir God en die Lam"


Onder die Antichris se bewind sal die valse profeet ook maak dat "almal, klein en groot, en die rykes en die armes, en die vrymense en die slawe, ‘n merk op hulle regterhand en op hulle voorhoofde gegee word ("die merk van die dier") - sodat niemand kan koop of verkoop nie, behalwe hy wat die merk of die naam van die dier of die getal van sy naam het (Openb. 13:16,17). Natuurlik Die wat hierdie merk ontvang is die wat vir die Antichris aanbid en dien - hulle sal uiteindelik almal onder God se toorn val! : 
-(Openb. 14:9-11 - "En ‘n derde engel het hulle gevolg en met ‘n groot stem gesê: As iemand die dier en sy beeld aanbid en ‘n merk op sy voorhoof of op sy hand ontvang, sal hy self ook drink van die wyn van die grimmigheid van God wat ongemeng ingeskink is in die beker van sy toorn, en hy sal gepynig word met vuur en swawel voor die heilige engele en voor die Lam. En die rook van hulle pyniging gaan op tot in alle ewigheid, en hulle het dag en nag geen rus nie hulle wat die dier en sy beeld aanbid, en elkeen wat die merk van sy naam ontvang").
_________________________________________________________________________________

No comments:

Post a Comment

Note: Only a member of this blog may post a comment.