Vrae wat Tieners vra - Eindtyd onderwerpe

Vrae wat Tieners Vra -
(Eindtyd Onderwerpe)

(Opsomming met "links")
1.   Die Wederkoms sal wees: - (1)  'n dag van oordeel, 
- en (2)(a) die dag van die "eerste opstanding" van die wat in Christus gesterf het; (b)  die gelowiges wat in die lewe oorgebly het met wederkoms, sal in 'n oogwink verander word en ook met Hom verenig word.  
(Gelowiges  sowel ongelowiges gaan geoordeel word en die gelowiges wat nie vrug dra nie, sal gestraf word saam met die ongelowiges en in bewaring gehou word vir daardie dag van die wit troon oordeel.)


2.   Elke mens behoort te lewe asof die wederkoms naby is:


3.    Die begrip "tot die sonde vol is", is een van die tekens van die tye dat die "land" of wêreld naby vernietiging is. 


4.  Daar is heelwat onduidelikheid oor sekere eindtyd gebeure en verskille oor die VOLGORDE van gebeure, maar wat duidelik is, is dat Jesus vir ons 'n "basiese volgorde" gegee het sodat ons weet wanneer die tyd van Sy wederkoms naby is.  Ook in die visoen aan Johannes, is vir ons 'n basiese volgorde gegee, alhoewel geleerdes verskil oor die interpretasie daarvan.   Ons is nie veronderstel om presies te weet hoe alles inmekaar pas nie!  Wat belangriker is, is dat ons "GEREED" is, en terwyl ons die tekens van die tye kan herken, ons meer aandag gee aan gebed en lering en evangelisasie, sodat ander ook gereed kan word. 
   

5.   Ons moenie Sy wederkoms verhaas nie - die Here is juis lankmoedig omdat Hy nie wil hê dat enigiemand verlore gaan nie. 


-  Die woorde wat Jesus gebruik het van dat Sy wederkoms sal wees "soos 'n dief in die nag", is telkens spesifiek genoem in konteks met die wie se harte nie reg is voor die Here nie, m.a.w. die wat nie gereed sal wees nie.  Party dink "om gereed te wees" beteken om "die tekens van die tye" te erken, maar eintlik verwys Jesus elke keer spesifiek na die mens se hartstoestand. Selfs al sou hulle alte bewus wees van die tekens van die tye en die tyd sien nader kom, sal Hy steeds hulle soos " 'n dief in die nag" betrap, sou hulle meer besig wees met die lewe, as met die Here.  
















































































No comments:

Post a Comment

Note: Only a member of this blog may post a comment.